Omdat ek graag spesiaal en uniek wou lyk op die droomdag het ek van die begin van die jaar reeds modetydskrifte en webblaaie bestudeer. Ek het dit wat vir my mooi en uitgestaan het versamel en ongeveer drie maande voor die afskeid begin om gedeeltes van verskeie rokke aan/by mekaar te pas en ook eie idees gebruik totdat ek by my finale ontwerp uitgekom het. So was ek dan verseker dat ek my rok uniek sou wees, een van sy soort.

Sien alle inskrywings