'n Hele paar jaar terug het ek deur 'n Sarie tydskrif geblaai en 'n advertensie van 'n half lyf foto van 'n vrou in die perfekte rok gesien. Ek het onmiddellik die foto uitgeskeer en gebêre want dit was hoe my matriekafskeid rok moes lyk. My rok se kleur is nie 100% die kleur van die foto in die tyskrif nie, maar toe ek die kleur van my rok raakloop het ek nie eers twee keer gedink om 'n ander kleur te soek nie want ek het gesien dit komplimenteer my vel perfek. So my bostuk is geïnspireer deur Sarie en omdat ek 'n rabadoe is het ek geweet 'n lang rok gaan nie helemal vir my werk nie. So het ek en my ontwerper "Roedolf D Couture" besluit om my onderstuk te laat afknip vir 'n dans kort rokkie. Ek het soos 'n feetjie gevoel.

Sien alle inskrywings