Ek het my rok self ontwerp en was opsoek na 'n eenvoudige maar tog elegante ontwerp. Die rok bestaan uit my twee gunsteling kleure, blou en groen, met die minimum diamante op. Die materiaal is egte sy wat maak dat die rok sagte vloeibewegings maak as jy draai. Die boonste gedeelte is in die vorm van 'n korset wat toeryg aan die agterkant. Die diamante is 'n kombinasie van groen, blou, platinum en charcoal skakerings. Daniele Naude van Daniele Concepts in Centurion het my rok gemaak en raad gegee waar nodig.

Sien alle inskrywings