Vriende en familie het my nog altyd gekomplimenteer as ek rooi aangehad het en ek was nog altyd mal oor die kleur. Dit maak 'n stelling en is boonop die kleur van liefde. Ek wou gehad het my rok moes uitbeeld wie ek is - dramaties, maar tog sensueel. Die idee vir die styl van my rok het ek gekry uit 'n reeks trourokke van La Sposa Bella. Ek was nog altyd lief vir valle! Dis vroulik en vleiend en die een skouer-styl is vir my baie romanties. Fritz en Johan van F Wilson Fashion het die perfekte rok - wat by my pas - ontwerp en my drome oor 'n mooi rok bewaarheid. Dankie Fritz en Johan. Julle is engele!!

Sien alle inskrywings