Charlize en Kristen is albei bekend daarvoor dat hulle karakters met sterk persoonlikhede speel. In hierdie fliek kry die sprokie 'n nuwe baadjie met hope aksie. Charlize vertel die sielkundige uitdagings en die ingewikkelde persoonlikheid van die van die bose koningin Ravenna het haar geprikkel, terwyl Kristen haar tande geslyp het vir haar eerste aksierol. In die jongste uitgawe van Interview voer Elvis Mitchell onderhoude met albei aktrises. Hy gesels met hulle oor die goed teenoor kwaad, kuns teenoor geld en hoekom mans nie meer die top-rebelle in Hollywood is nie. Daarby het Mikael Jansson hulle afgeneem vir 'n pragtige modestorie wat somber, elegant en baie vroulikis. Charlize en Kristen smeul beide met donkerrooi lippe, donker oë en gesofistikeerde uitrustings wat hulle vroulikheid beklemtoon.