My rok is geinspireer deur 'n musiekvideo van Selena Gomez. Ek het 'n prentjie van haar rok na die ontwerper Erica Mengouchi in Polokwane geneem en ons het die prentjie as basis vir die ontwerp van my rok gebruik. Ek hou van eenvoud maar tog stylvol, vroulik en vleiend. Ek het aan die praktiese kant van 'n ontwerp ook gedink, sodat ek die rok weer kan dra. My rok is tydloos en elegant en die kleur en tipe materiaal wat vir die rok gebruik is gee die rok ekstra flair en elegansie. Die ontwerp van my rok beklemtoon my bates. Die rok is spesiaal vir my gemaak deur Erica Mengouchi en ons het albei aan die ontwerp van die rok gewerk. Ek voel baie selfversekerd, vroulik en begeesterd oor my rok. Ek dra die rok, die rok dra my nie. Hierdie rok laat my soos 'n prinses voel en dit is elke meisie se droom om haar droomrok met grasie te dra.

Sien alle inskrywings