Ek dink in die einde was ek my eie inspriasie vir my rok. Ek het na iets gesoek wat anders as die norm is maar sonder blink materiaal, kralletjies, valletjies of kant. Bloot net omdat dit nie ek is nie. Ek het iets eenvoudigs gesoek wat my persoonlikheid kan uitbeeld. Toe ek begin soek het vir rokke het ek sonder twyfel na 'n groen rok gesoek. Natuurlik kry ek toe iets heeltemal anders en sommer nog in rooi!! Nadat ek 50 rokke aangepas het reg deur Pretoria en in al wat rokwinkel is, het ons besluit om die dag deur te ry na Eastgate. Eerste winkel, eerste rok en ek het geweet dis hy!! Dit was beslis die soek die moeitewerd. Ek het die tyd van my lewe in hom gehad. Dit was n amazing aand en ek sal dit nie sommer vergeet nie!!

Sien alle inskrywings