Vandat ek my hoërskool loopbaan begin het, het ek gedroom van 'n rok wat goed sou pas by wie ek is en waarvan ek hou. Niks sou die beskrywing beter kon pas as 'n middeleeuse styl rok nie. Ek het my rok oor en oor ontwerp en verskillende kleure getoets totdat my ontwerper 'n Gotiese styl van donker en eenvoudige kleure aanbeveel het. My ontwerp het toe eerste plek gewen in 'n droom rok kompetisie. Al het die eindproduk heelwat verskil van my ontwerp, was ek nogsteeds tevrede en dit was die enigste rok in die klas van styl by ons Matriek Afskeid.Dis altyd lekker om iets uniek af te "show"!

Sien alle inskrywings