Ek het die rok op die web gesien en dit het onmiddelik my hart gesteel die kleur en dan ook die silwer op die rok. Ek het met my ma hieroor gesels en sy het aan my gesê dat sy nog nooit 'n rok gemaak het sonder 'n patroon nie. My hart het in my keel geklop. Tog het my ma my gevat om materiaal te kies en sy het gesit met seker drie verskillende patrone. Ek het dit so gekyk en gewonder gaan sy dit reg kry. Nie eenkeer terwyl my ma besig was het ek getwyfel nie. Ek het elke keer die rok gepas soveel keer oor en oor maar weet julle elke keer wat ek dit gedoen het het ek dit met trots gedoen en my rok het stunning gelyk. My ma het die rok gemaak ek was so trots op haar ek het hierdie rok met alle trots gedra die aand. Die rok het nie eens so baie gekos nie en ek het geweet my ouers kon dit bekostig. Die kleur het mooi gegaan by my blonde hare en die silver in die rok het my baie elegant laat voel. Dankie ma vir hierdie great rok.

Sien alle inskrywings