Ek glo dat mens die beste deel van jou liggaam beklemtoon wanneer dit kom by die keuse van 'n rok. Vir my is my rug my beste deel, en daarom het ek besluit op n lae rug rok. Die rugband, nekband asook n gedeelte aan die voorkant is uitgewerk met kristalle. Die kristalle het ook weerskante van my rug afgeloop tot op die laagste deel van my rug wat oop was. Ek was lus vir n sagte vloeiende, tog sjiek rok, daarom het ek besluit op Satyn, wat sag gevoel het teen my vel. Die sleepgedeelte het sag opgelig in die effense bressie wat gewaai het op daardie spesiale aand. Ek wou vir die aand nie voel soos n prinses nie, nee ek wou voel soos 'n koningin, daarom het ek besluit op die Royal Blou kleur van my rok. Ek ek glo dat die kleur my goed gekomplimenteer het met my donker hare en my kleur oe....blou was ook my oupa se gunsteling kleur, en met sy dood net voor ons spesiale aand, was ek so bly ek het besluit op blou om so n tikkie van hom deel te maak van my groot aand.

Sien alle inskrywings