'n Bedekte seën. My ma het die een Februarie middag by die huis gearriveer met hierdie groen droom. Sy't die middag na werk vinnig by haar gewone winkel ingehardloop en sonder om eers na die rok te kyk, het sy hom gekoop. Toe sy by die huis kom, het ek die pakkie uit haar hande gegryp en soos 'n kind met 'n geskenkie het ek die inhoud angstig uitgepluk."Sjoe Mamma, hierdie is my volgende kompetisie se rok!" Toe sy omdraai was die aangesig diè van 'n feëprinses. Soos die Here dit toe wou, het die kompetisie vroër die jaar nie vir my gerealiseer nie. "Wel aangesien ek nou die rok het, kan ek hom netsowel na my matriekafskeid toe dra, nè Mamma?" My ma was in die wolke want die rok is die kleur van my oë. Met my eksentrieke persoonlikheid het ek 'n tikkie van my ouma bygevoeg en dit het werklik gevoel of ek in die "vintage" era geleef het. Die Here het my pad voorentoe gesien en Hy't geweet dat ek die 15de Oktober soos die prinses wat ek vir Hom is, sal voel.

Sien alle inskrywings