My matriekafskeidsrok was beslis 'n avontuur.....ek wou hê my rok moes uniek wees , eie aan my persoonlikheid en my sussie MOES dit maak (wie nie eens naaldwerk op skool gehad het nie) By die materiaal winkel het my sussie my vertel waarom sy die kleure kies: Blou - vir my lewenslus; Geel - vir my sonnige geaardheid; Groen - want ek is natuurlik en nie aangeplak; Pers - dis die kleur van konings en ek moet soos'n prinses voel op my matriekafskeid. Die aanmekaar sit het begin hier te kort daar te lank,ons het die materiaal getoring, geskeur, op vakansie gevat en tot ou nag daaroor gelag en gehuil as die mates nie wou pas. Hierdie rok het baie sentimentele waarde en is die rok meer werd vir my as wat geld kan koop by die beste ontwerper in die land. My ontwerper is my inspirasie, sy het met toewyding my rok gemaak en ek kan hierdie lewensles saam vat op my lewensreis wat nou begin....liefde en 'n bietjie geluk is wat elkeen op hulle lewenspad moet saamvat!

Sien alle inskrywings