Ek het nog altyd gedroom van die perfekte matriekafskeidrok alhoewel ek nie 'n idee gehad het hoe hy moes lyk nie. Ek het met die tyd prentjies versamel om uiteindelik die perfekte rok te kry...ek was verward maar toe ek my ontwerper gaan sien het, het sy my gehelp om my droomrok te ontwerp uit so te sê al die duisende prentjies saam. My doel was om 'n rok te maak waarvan Ek sal hou. Een waarin ek myself kon wees...een wat kon vertel wie ek die afgelope 12jaar was en ek wou uitstaan want dis wie ek is..maar ek het geweet ek wil stylvol lyk...uiteindelik het ek en die rok saamgegroei tot dit presies kon vertel wie ek is.Soos hulle sê 'n foto vertel 'n duisend stories.My rok het uiteindelik my klein dogtertjie drome verwesenlik en was presies wat ek wat ek gehoop het dit sou wees!!

Sien alle inskrywings