Wel, vandat ek`n klein dogtertjie was,was ek mal oor die hele prinses tema en was mal oor die tipiese prinses-rokke en alles daarby! Ek het na Johan Wolmarans gegaan met 3 rokke in gedagte waarvan ek gehou het. Ek het ingestap en al die rokke gesien wat hy reeds ontwerp en gemaak het, en het dadelik geweet ek's in die beste hande! Hy't my gevra soek ek `n lang of kort rok en ek het gesê ek soek `n lang rok. Hy't doodstil gebly en my paar sekondes op en af gekyk en my droomrok soos julle hom sien ontwerp! Ek was mal oor die helder kleur aangesien ek`n positiewe en sprankelende meisie is! Ek dink net dat almal se lewe op een of ander manier`n sprokie is, hoe gelukkig jy gaan wees,gaan afhang van jou gisindheid teenoor die lewe en wat jy van hom maak!ons IS almal tog prinsesse en prinse in God se oë!Ek het net besluit om vir een aand soos`n regte prinses te lyk EN te voel! Baie dankie aan Mamma en Johan Wolmarans vir my Prinses-rok!!

Sien alle inskrywings