As julle my inskrywing uitgooi, sal ek verstaan, maar ek wil net graag my matriekafskeidaand met julle deel. Ek het tot 'n week voor die "groot" aand nie geweet wat om aan te trek nie. Ek het net geweet ek moet iets anders doen! Almal fokus net altyd op die meisies, 'n seun moet maar net inpas. Dis mos my groot aand ook! Ek het my beste vriendin gevra om saam my matriekafskeid toe te gaan en sy het van die begin af gesê, sy sal inpas by my. Ek is 'n WP hekkie atleet en speel ook al vandat ek 4 jaar oud is rugby, so my inspirasie was verseker Rugby en natuurlik met die Wêreldbeker kon ek wegkom daarmee!! Ek het altyd gedink ek sal eendag wil trou in 'n kortbroek en gelukkig het die matriekafskeid eerste gekom, want ek dink nie my vrou sal eendag van die idee hou nie!! My vriendin se rok het baie mooi inskakel by my "pak" en ons het baie komplimente gekry. Moet net nie dink dit was alles maklik nie, want ek was maar baie gestress oor wat die mense gaan sê. Vandag is ek nie spyt nie, want ek het 'n "statement" gemaak en dit was 'n wonderlike aand!!!

Sien alle inskrywings