Dit was 'n baie spesiale rok wat reeds op 'n spesiale geleentheid van 'n ander familielid gebruik was en wat dit toe aan my gegee het omdat sy geglo het die rok pas perfek by my persoonlikheid. Ek was baie verras en het dadelik daarvan gehou. Die rok is nie te oordoen nie, maar ook nie te plein nie en toe sy my sien het sy dadelik gesê sy het die perfekte rok vir my oor ek 'n plaasmeisie sonder fieterjasies is. Die aand van die matriekafskeid was ek baie beindruk, omdat ek die enigste meisie met 'n tweestuk was.

Sien alle inskrywings