Van kleins af droom 'n dogtertjie van haar groot dag die matriekafskeid- daar word prentjies gekies en uitgeknip uit die Sarie van toeka tot nou om te veseker jyt die perfekte rok. Maande voor die tyd vra jou beste vriend jou vir die mooi dag en al wat kort is die rok!! Eks 'n sport meisie en amal het dus 'n idee gehad van my tipe rok ek ook.....totdat ek in daai winkel stap toe ek dit sien toe weet ek sy is myne! Die rok wat al geknip en geinspireer is jare van te vore uit baie Saries...dis my rok!! Ek wou graag klasiek en elegant lyk, die charcoal kleur is tydloos en daarom kan ek dit weer gebruik. Ek glo so mooi item is nie die moeite werd om in die kas gebere te word nie.....so ek hoop vir 'n eerstejaars dinee waar ek weer in hom kan pronk!!

Sien alle inskrywings