My rok se inspirasie het gekom uit 'n stresvolle situasie en die grootste teleurstelling ooit - my droomrok, wat ek laat maak het was 'n ramp en ek moes twee dae voor die matriekafskeid spring om 'n nuwe rok te kry, dit was of dit of ek sou die spog geleentheid moes misloop! Ek glo elke meisie moet spesiaal voel op hierdie spesiale dag in jou lewensreis na volwassenheid. Gelukkig is daar 'n baie spesiale vriendin van my ma wat die hele nagmerrie situasie verander het in 'n dag wat ek nooit sal vergeet nie! Die Woensdag het die groot soektog begin en danksy haar en Your Day Boutique, wat 'n rok beter as my droomrok gehad het, het die nagmerrie in 'n onvergeetlike sprokie verander. My rok sal altyd vir my 'n herhinnering wees aan 'n aand wat ek sou misloop, was dit nie vir al die spesiale mense in my lewe wat die aand vir my moonlik gemaak het nie! Ek was ryklik geseën en sal my matriekafskeid nooit kan vergeet nie!

Sien alle inskrywings