Soos elke matriekmeisie droom oor haar matriekafskeidrok was myne geensins anders. Ek wou graag 'n wow rok hê. Turkois is my gunsteling kleur en daarom was dit van die begin af my keuse. Na 'n groot soektog om die regte rok te kry het ek en my ma koppe bymekaar gesit en begin wonder of ons die rok nie liewer self moet maak nie. Na elke passing en centimeter verstellings het die rok presies soos die prentjie in my kop gelyk. In hierdie droomrok van my het ek beslis soos 'n prinses gevoel.

Sien alle inskrywings