Soos elke matriek dogter wil jy net die mooiste lyk by jou eie matriekafskeid.. Die rok wat ek op die ou end gekies het, was werklik te danke aan die insperasie wat ek in verskeie boeke gekry het,omdat ek besluit het om `n letterlike prentjie mooi rok te hê en nie `n rok vanaf `n patroon nie!!!Moes ek begin soek vir prentjies met rokke Sarie en Rooi rose was die boeke wat ek heel eerste net MOES koop, om te kyk vir die mooiste rok ooit.Op die ou end het ek my rok gekombineer van `n adverstensie uit die Sarie en uit die Wedding collection..daaruit het die mooiste rok waarvoor ek kon droom gekom!! My ma (Hazel Theron) is `n verpleegkundige en het die rok in net minder as twee weke gemaak,omdat sy ander kinders se rokke ook moes maak ..Ons het nie altyd ooreen gestem oor hoe dit moes lyk nie maar op die ou end het dit uitgekom soos ek dit wou hê.. Ek kon dus die prinsessie wees wat op die rooi tapyt by di skool se hek kon inwals...

Sien alle inskrywings