Na baie passings in boetieks en pentjies kyk van rokke op die internet, kon ek nie heeltemal besluit wat ek wou he nie. Ek hou nie van te veel fieterjasies en valletjies en frilletjies he nie. Ek wou 'n rok he wat by my persoonlikheid pas en nie andersom nie. Ek het toe by Hilma Schultz van Hilma Couture uitgekom wat my gehelp het om my rok te bewaarheid. Ek wou he mense moet die meisie in die rok raaksien, nie eers die rok nie. Hilma het my gehelp om die droom te verwesenlik. So tussen die ontwerp en maak van my rok het Hilma die ware Danielle help ontwaak. Toe ontpop 'n stylvolle, elegante rok wat ek definitief weer sal kan dra na 'n ander geleentheid. Die kleur was ook perfek vir my gelaatskleur. Dis 'n diep pienk pers kleur wat nogal heelwat verander soos die lig daarop val. Die bietjie bling op die rok was perfek en nie te veel nie. Die silwer bykomstighede het die hele prentjie afgerond. Ek het soos 'n regte prinses gevoel.

Sien alle inskrywings