Sarie - was en is nog altyd een van my grootste inspirasies, asook Eva Longoria. Sy't altyd asemrowende rokke op die rooi tapyt aan. Ek hou nie baie van rokke met te veel 'glitter', 'frilletjies en valletjies' nie.Die rok reflekteer wie ek is, ek hou van eenvoud maar dit moes tog stylvol wees. Ek wou iets gehad het wat tydloos, sjarmant, effe sexy en uniek was. Hierdie rok se vintage voorkoms het 1ste my aandag getrek en ek het net geweet hierdie rok is als en nog meer waarmee ek my wonderlike matriekjaar wou aflsuit. Ek kan net dankie sê aan almal wat my absoluut soos 'n prinses laat voel het in my 'perfekte droomrok' rok.

Sien alle inskrywings