Mense wat my ken sal weet dat ek nooit die gewone ding sal doen nie, maar tog nie te veel aandag trek nie. Hierdie rok is deur vele mense inspireer, soos my ouers, jonger suster en die ontwerper, Gerrit Pienaar. Die kleur is inspireer deur die feit dat ek gek is oor die pers. My rok se "onderromp" kan uitgetrek word vir dans gemak. Ek is baie mal oor dans. Vir enige meisie wat 'n droom aand vol droom-oomblike nastreef, sal ek my pragtige rok voorstel. Ek het die tyd van my lewe gehad en niks het dit bederf nie. *My rok het dit gemaak*

Sien alle inskrywings