My rok is iets besonders. Ek het nog altyd gedink ek sou my rok koop, maar ek het talle rokke aangepas, selfs 4 uur een oggend Windhoek toe gery om die winkels daar te besoek, en het niks gevind waarvan ek hou nie. Einde Augustus, met net 2 maande oor, het ek besef dat ek reeds my droom rok gevind het...op die internet. Teen die tyd was dit te laat om dit te bestel en my laaste opsie was om iemand te vind wat my droom rok sou maak. Ek en my ma het toe onthou van 'n ontwerper wie se rokke ons by 'n modeparade vroer die jaar gesien het. Hy het dit baie vinning vir my geskets, en 2 maande later was die droom rok 'n werklikheid. Die kleur van die rok alleen was insperasie vir die water-agtige valle van die onderkant en die eenvoudige bokant komplimenteer dit. My rok se snit is classiek en tydloos met unieke en moderne besonderhede. Ek kon nie vir beter vra nie.

Sien alle inskrywings