My rok is opgedra aan my broer, Nico, wat oorlede is in Februarie 2010 aan Kolonkanker. Hy was ook die inspirasie vir die kleure in my rok. Ons het in die mall gestap toe ek ‘n romp sien met al die kleure in wat ek wou gehad het. Ek wou ook graag kant in my rok gehad het en daarom moes ek, my ma en my sussie mooi koppe bymekaar sit om ‘n rok te maak uit die romp en om die kant deel van die rok te maak. Elke kleur in die rok het ‘n simboliese betekenis. Die swart staan vir die sondige natuur waarvan Nico verewig verlos is; die turquoise vir hom wat nou in sy Hemeltuiste is; die pers vir ons hartseer, maar ook vir hom wat nou ‘n Koningskind is; die silwer vir elke donker wolk wat ‘n silwer randjie het en dis al die mooi herinneringe wat hy vir ons gelos het; en die bruin is die simboliese kleur (die strikkie) vir Kolonkanker. Die rok sal altyd vir my baie spesiaal bly, nie net omdat dit opgedra word aan Nico nie, maar ook omdat my ou sus hom vir my gemaak het.

Sien alle inskrywings