My grootste inspirasie vir my elegante aandrok is my unieke persoonlikheid. ‘n Rok wat perfek by my gedagtes, drome en my ma se beursie kon pas. Iets delikaat, glansryk en ‘n rok waarin ek beeldskoon, maar steeds soos ‘n klassieke vroulike mode ikoon, iemand soos Blake Lively, kon lyk en voel. EK het ‘n rok op “Eiffel evening dresses” gesien waarvan ek baie gehou het en die prentjie saam met my na my ontwerperster geneem. Shani Swanepoel van Hoipoloi het dadelik die rok geteken volgens my liggaams bou. Sy het toevallig lap by haar gehad wat sy vir iets ander ook sou gebruik. Ek het dadelik verlief geraak op die sagte charcoal satyn en daar en dan was my rok se prominente kleur ook gekies. Die wit van die onderrok en borduurwerk oor my heup beskryf my vroulikheid. Elke stukkie detail het Shani op gesit volgens die vorm van my lyf. Ek is seker ek sal elke stukkie detail, as iets anders wat by my gedagtes, drome en passie vir die lewe, kan beskryf. Die tema van die aand was “‘n Koninklike ete” en ek het waarlik soos ‘n koningin gevoel en gelyk.

Sien alle inskrywings