Ek wou graag iets buitengewoon hê wat beide Suid-Afrikaans asook 'n Internasionale 'flare' het. Ek is baie mode bewus en is ook wel bekend in my skool as die meisie wat altyd die nuutste modes dra. 12 Julie 2009 in die Rapport het ek afgekom op 'n rok wat ek geweet het is perfek vir my! Dit het tydens Paris fashion week verskyn op die runway. Ek het die oorspronklike ontwerp bietjie meer na my smaak verander en ek het op die ou einde twee uitrustings,ek kan die romp gedeelte afhaal dan het ek 'n cocktail rokkie. Die vere rond die uitrusting besonders en elegant af.

Sien alle inskrywings