Selfvertroue is die mooiste element van vrouwees. Maar daar is niks beter as om fantasties te voel oor hóé jy lyk en wát jy aan het nie, mits jy dit vir jouself doen - natuurlik! En die volgende kleure is treffers vir brunette.

Liggeel

Die kleur lyk veral goed aan ’n blas vel of sonbruin lyf.

Wit, room en beige

Die kontras tussen lig en donker is wat dié ligte kleure ’n wenner maak by donkerkoppe.

Rooi

Die meeste brunette het ’n effense rooi ondertoon in hul hare wanneer sonlig op hulle skyn. Rooi bring dié ondertoon uit en is daarom baie vleiend.

Vlootblou

Dié donker kleur komplementeer sonder om jou gelaat hard te laat lyk.

Helderpienk

Flambojante kleure soos helderpienk werk goed by bruin hare, want dit help die kleur uitstaan.

Aktrise Emmy Rossum Foto: Gallo Images / Getty Images Aktrise Emmy Rossum Foto: Gallo Images / Getty Images

Bron: Who What Wear

Lees nou

5 kleure perfek vir blondines

Wat? Nog 'n 90's trend is terug...

Trourok-wenke vir die voller figuur