Ons is opgewonde oor wat dié jaar aan die modefront gebeur. Hier is die 5 trends waarvan ons die meeste hou ...

Klere met sterk lyne is terug, maar dit word op ’n baie vroulike manier gedra - in pienk! Die stylvolle swart-en-wit tendens is nog nie verby nie. Die Skotse ruitpatroon is sterk vir die herfs en winter - ons is mal oor dié swaar materiale. Metaalkleure is weer hier (soos ons voorbladster Nina Swart op ons Februarie-uitgawe dra). En die prettige fraiing is terug met ’n mening!

1. Skakerings van pienk

Sagte pienk in verskillende skakerings is een van die grootste trends vir 2014. Maar hou dit eenvoudig. Moet dit nie saam met ander pastelkleure dra nie. Kies eerder neutrale kleure soos wit, taan of kakie daarby.

  • Vroue met ’n ligte vel en ligte hare kan sagte skakerings dra
  • Vroue met ’n donker gelaat moet eerder ’n donkerder skakering dra

2. Swart-en-wit

’n Klassieke trend wat nooit uit die mode sal gaan nie en wat jaar na jaar sy verskyning op die modeplanke maak.

  • Loop lig vir swart in die dag as die materiaal baie glansryk is. Jy kan in die dag ’n swart uitrusting in ’n gemaklike materiaal soos katoen dra.

Laser-cut T-shirt Black en Black Tuxedo Pants 

Shift Dress With Triangle en Leather Pumps With Ankle Straps

3. Skotse ruitpatroon (plaid)

Verlede jaar was dit die tandruit-patroon, vanjaar is dit die Skotse ruit - reg uit die 60's! Dié  2014-gunsteling is ’n absolute moet. Die Skotse ruitpatroon is veelsydig en kan by byna enige uitrusting gedra word.

  • Koop ’n oopknoop-hemp of ’n hempsrok en dra dit saam met jeans, ’n spanbroek, kortbroek of romp
  • Dra dit saam met effekleurige items, en as jy waaghalsig is, ook saam met ander patrone
  • Die gunsteling-manier om dié gier vanjaar te dra is om ’n langmou-hemp om jou middel of heupe te knoop

Bryana Shirt Dress en Levi's® tailored Western Shirt

4. Metaal

Moenie dink dié trend is net vir die aand bedoel nie. Blink klere gaan vanjaar al hoe meer in jou daaglikse klerekas wees.

  • As ’n metaalkleurige uitrusting vir jou te veel is, kan jy steeds die trend volg met bykomstighede in blink kleure.
  • Dra jou metaalkleurige kledingstuk saam met ’n neutrale kleur.

Metallic Wrap Dress en Dress With Gold Band

Kiara Metallic Sweater en Metallic And Neon Pumps

5. Fraiings

Dis ’n lekker manier om jou uitrusting prettig te maak.

  • Beperk maar dié trend tot een fraiing-item per uitrusting

Lycia Fringed Cover-up en Fringed Wanderer Kimono

Leather Fringed Slingbag  en Tassel Necklace