Dramatiese kleure is ’n groot trend op die oomblik, en dit werk nou eenmaal goed wanneer dit by aanddrag kom. Hier is ons stylwenners:

Claire Danes (foto bo)

Die wenner vir beste aktrise in ’n drama-reeks het fantasties gelyk in haar dramatiese Givenchy-rok en met bykomstighede van Niel Lane.

January Jones

January Jones in Prabal Gurung

Dié Mad Men-aktrise het asems weggeslaan in ’n treffende  wit en swart rok van Prabal Gurung. Sy het die uitrusting perfek afgerond met skoene van Roger Vivier en juweliersware van Lorraine Schwartz.

Marion Cotillard

Marion Cotillard in Christian Dior

Hierdie beeldskone Franse aktrise, wat benoem is vir haar rol in die film Rust and Bone, het haar tuisland ondersteun met ’n wit en blou skepping uit Christian Dior se Herfs 2013-reeks. Swart skoene (ook Dior) en Chopard-juweliersware het die uitrusting voltooi.

WATTER EEN IS JOU GUNSTELING?