Oud of jonk, dié skoen is die staatmaker in elke bekende se kas. Dit is die een skoen wat hulle weer en weer na geleenthede dra; dag of aand.

As jy nog altyd gewonder het watter hakskoen jy in jou kas móét hê: dis die swart hoëhak-hofskoen. Jy kan dit by alles dra, van jou jeans tot ’n aandrok.

Wenk: As jy die skoene van dag tot aand wil dra, moet dit nooit in leer, kunsleer of blinkleer koop nie. Koop liefs skoene van suède of in ’n dowwer materiaal wat nie blink nie.

In jou twintigs

Kendall Jenner wys ons hoe ’n klassieke hakskoen by ’n jonge dame lyk.

In jou dertigs

Kyk vir Kate Hudson, Rose Byrne en Jessica Alba

In jou veertigs

Victoria Beckham, die koningin van hoë hakke, dra die swart hoëhak-hofskoen saam met jeans, ’n broekpak en ’n rok.

Koop hier jou staatmaker-hakke:

Lees nou

Winter 2016 se vreemde wenkombinasie - dra dít saam

Trui-trends vir winter 2016

Mode-dilemas: vermy dit met dié 5 items