Bra interessant!

  • Net 70% van vroue ken hul korrekte bra-grootte, sê ’n woordvoerder van Triumph.
  • ’n Sonkrag-bra? Net in Japan! Triumph het ’n bra ontwerp wat sonkrag werf om krag aan jou iPod of selfoon te gee. Hulle het nog een ontwerp wat kan uitvou in ’n inkopiesak! (www.pinktentacle.com)

Wanneer jou bra nié pas nie

  • Bande maak rooi merke op jou skouers.
  • Jou borste loer oor die rand - die keëlgrootte (cupsize) is te klein.
  • Die middel van die bra raak nie voor aan jou borsbeen nie.
  • Jou borste hang.

Kies só die regte bra

Gebruik ’n maatband met sentimeter-merke en meet jou borste mét ’n bra aan:
  • Vir keëlgrootte (cupsize, aangedui A-E): meet oor die volste deel van jou borste.
  • Vir grootte (bv. 32, 38): meet onderom jou borste.
  • Sien ook die bragrootte-tabel by www.playtex.co.za
 

Het jy geweet?

40% van vroue kies pienk onderklere (www.mynippon.com)