Hou jou blink kant voor met unieke juweliersware in 'n verskeidenheid style - van oorgroot en fyn tot klassiek en geometries-modern.

Mooi kort

Die kort en meer noupassende halssnoer (choker) is terug. Wat ook al jou smaak, daar is iets vir jou - fyn met interessante detail of bonkig en oorversier. Bekendes soos Taylor Swift, Rihanna en Kourtney Kardashian is al met dié halssnoer gesien.

Vir ewig en altyd

Dié tendens het nie brieke nie! Die oneindigheidsteken (infinity symbol) bly groot. Met die juweliersware beloof jy aan 'n geliefde op 'n glansryke manier jou oneindige liefde.

Het jy geweet?

"Infinity" is die wiskundige term vir 'n getal wat nie einde het nie.

Geometries wen die kroon

Die interessante lyne van driehoeke, piramides en kubusse is die inspirasie vir dié nuwe juweelmode. Dis 'n absolute móét vir 'n moderne voorkoms.

Pêrel-liefde

Tydlose pêrels is dié seisoen oral te sien. Die klassieke edelsteen het wel 'n moderne voorkoms en die grootste tendens is pêrelringe, oorboordjies en bonkige halssnoere en armbande. Egte pêrels of kunspêrels, maak nie saak nie.

Oorboordjie

Versier ook die oorskulp van jou oor met 'n oorboordjie (ear cuff) en nie net die oorlob nie. Die oorbel hak oor die rand van die oor se skulp, so daar's geen ekstra pyn met gaatjies wat geskiet hoef te word vir dié tendens nie.

Het jy geweet?

Die oorboordjie (ear cuff) het al in 2000 v.C. bestaan en was toe bekend as die Kafta

Kyk hier waar jy van die juweliersware kan koop: