Verlede jaar het die groot Amerikaanse spesialiteitswinkel Nordstrom drie Suid-Afrikaanse ontwerpers – almal van Durban – ingesluit in hul produkreeks vir hul konsepwinkel in New York: Colleen Eitzen, Leigh Schubert en Terrence Bray.

Colleen vertel meer van haar loopbaan, inspirasie en haar mode-filosofie.

Wat is jou grootste loopbaan-prestasies?

Ja, ek is bekend as ontwerper, maar ek is ook mede-eienaar van The Space. Ons het mode-winkels regoor die land.

Wat is vir jou belangrik in jou ontwerpe?

Ek glo daarin om prakties te wees en fieterjasies te vermy. Klere moet mooi pas en gemaklik wees om te dra – dit maak nie saak wat jou grootte is nie.

Wat maak jou ontwerpe uniek?

Ek is mal oor ons land, en dit gee my inspirasie vir my ontwerpe. In my nuwe reeks (winter 2012) verskyn die strelitzia-blom orals. Ek span ook so dikwels moontlik plaaslike kleremakers in, sodat ons eie mense voordeel trek uit die onderneming.

Hoe beskryf jy jou ontwerp-styl?

Ek sou sê netjies, elegant, maar terselfdertyd prakties en modern.

Die beste mode-raad wat jy al ontvang het?

Dit kom van my pa af. Hy't op 'n dag vir my gesê: "Wees wat ook al jy wil, maar maak net seker dat wat ook al dit is, jy dit baie goed doen!”

* Koop Colleen Eitzen by die nuwe SARIE-aanlynwinkel!

* Vandag se Colleen Eitzen-slimkopie is die Florence-rok (R695) – 'n vleiende asimmetriese vallerok met plooidetail om die middel in die mooiste mooiste blou.

Florence-rok (R695), Sarie winkel