Smaak verskil natuurlik, maar ek persoonlik dink dié skoene is nie vleiend, gemaklik óf mooi nie. 

Ja, insteekplakkies (sliders) is terug en groter as ooit tevore!

Die pluspunt is dat daar nou darem verskillende style beskikbaar is, van dié met kunspels en blinkers tot plakkies van leer of plastiek ...

Bekendes is gaande oor die trend. Mense soos Rihanna, wat besig is om tot bo-aan my lysie van persoonlike styl-ikone te beweeg, Gigi Hadid en Rita Ora word gereeld hiermee gesien.

A photo posted by badgalriri (@badgalriri) on

Jy kan nou ook Gigi Hadid se skoene (sien foto bo) besit:

R849, Adidas Superbalist R849, Adidas by Superbalist

Insteekplakkies is ook baie gewild onder modebewustes oorsee:

Dink jy hierdie trend kan maar Suid-Afrika toe kom?