'n Londense ontwerper Mary Quant, het 50 jaar gelede 'n rewolusie in die modewêreld veroorsaak toe sy die mini-romp bekendgestel het. Sy't dié nuwe modesensasie na haar gunsteling motor, die MINI, vernoem.

Nóg 'n ikoon van die 60's, die Britse model Jean Shrimpton,het op 30 Oktober 1965 wenkbroue laat lig toe sy vir die eerste keer in 'n Mary Quant-mini, sonder kouse, in die openbaar verskyn tydens in perdewedren in Melbourne, Australië. Die manne het gefluit, die vroue met hul roksome veilig onder die knie was hoogs ontsteld en selfs die burgemeestersvrou van Melbourne het haar hieroor gekritiseer.

En daarna was dinge vir vroue net nooit weer dieselfde nie! Die tydskrif Harper's Bazaar berig dat die mini volgens aanlyn-inkopie-platform, eBay, die tweede gewildste rompkeuse onder kopers is. Die gewildste bly steeds die A-lyn-rompstyl.

Kyk hier onder na 'n pragtige modeparade van Mary Quant in Londen (1967)

KIES VIR JOU 'N MINI UIT ONS SARIE.COM-WINKEL