MODE

deur Rochelle Malherbe-Howard

Rochelle Malherbe-Howard

Die koue weer kruip ?nader en dis tyd om jou klerekas reg te ruk vir winter 2011.

Volg ons modegids waarin ons ?8 moet-hê-items uitwys om jou taak makliker te maak.

Ons het elkeen ’n eie styl en smaak, daarom ?wys ons hoe jy die grootste trends kan dra, of jou styl nou klassiek of hip is.

Dis ook glad nie nodig om ’n hele nuwe klerekas te koop nie. Kombineer net van die nuutste items met stukke wat jy reeds het vir ’n modieuse maar unieke styl wat steeds sê: “Dís ek.”

Kandelaar-oorbelle met glas- en kristalkrale (R1 600), Ayala Bar

SKOONHEID

deur Mariska van Rooyen

Mariska van Rooyen, SARIE-skoonheidsredakteur

Die kwik is dalk aan die daal, ?maar die winter se nuwe trends is hier om jou warm te hou.

Dié kleurryke grimeerpalet inspireer jou met bessie lippe, diep skakerings vir naels, pienk wat jou gelaat verhelder en oë wat kakie gekleur word.

Dis nie net die kleure wat opwindend ?is nie, olies se helende krag is goed vir liggaam en verstand, ?terwyl superrome jou vel jonk hou. ?Lees ook hoekom haarmaskers die ?nr.-1-produk is vir jou lokke ?en stel vas watter parfuums jou ?winter ’n tower-een sal maak.

Geniet al die inspirasie en vóél mooi.

Chanel Tweed Blush in Sienna (R445)