Modereëls is iets van die verlede. Destydse flaters is vandag se trends

Vir party van ons is dit moeilik om te rebelleer en nuwe modes te probeer. Maar die SARIE-modespan wys jou hoe jy outydse reëls kan breek, modieus kan wees en die koppe laat draai:

? Swart en vlootblou Wie het die "reël" gemaak dat jy nie swart en vlootblou saam kan dra nie? Die kombinasie is klassiek en stylvol.

? Denim-op-denim

Dra dit informeel óf deftiger! En nee, alles hoef nie dieselfde skakering te wees nie.

A post shared by @milano_streetstyle on

? Visnetkouse

Dra visnetkouse saam met jeans, dit is baie in die mode!

A post shared by @milano_streetstyle on

? Onderklere

Dit is nie meer só onaanvaarbaar as jou bralette uitsteek nie, máár LET WEL, daar is ’n tyd en plek vir dit! Moenie dit só dra by die werk nie …

? Rooi en pienk 

Hierdie twee kleure lyk elegant, stylvol en pragtig bymekaar!

A post shared by Soraya (@sorayapenna) on

? Sokkies en sandale

Dié reël is moeilik om te breek! Ons kan verstaan dat sommige sukkel om die kombinasie te aanvaar, maar as jy braaf is, probeer dit: Dit maak ’n stelling en lyk speels.

Reëls is daar om gebreek te word!