Die modespan het gedink hierdie oulike “gevreetjies” kan dalk net jou Dinsdag opkikker.

Ek is byna stomgeslaan oor hoe stylvol sulke klein kinders kan wees. En dan het hulle ook die houding! Ek is gaande oor hoe die styl hulle perfek pas, dit is asof die kinders miniatuur trendsetters is. Ons noem hulle sommer die “mini-setters.”

Natuurlik kan daardie uitrustings nie heeldag so perfek bly nie. Ná ’n tydjie in die park of by maatjies sal daar beslis ’n paar vlekke (of selfs gate) wees!

Bekendes se kinders word ook deesdae mooi opgedollie. Kyk net hoe oulik lyk North West in die foto:

Kan jy glo, styl word nie meer in die tienerjare gevestig nie, maar deesdae sommer van kleuterjare af. Tog bly die kinders bitter oulik!

Ougat, stylvol, en breër glimlaggies. Wat ’n perfekte manier om jou Dinsdag te begin.

Hierdie kinders is ons gunsteling-“mini-setters”:

Lees nou

Purrrfek, die kat is in die mode

Madonna maak mode-opslae

Modeskok: oud in nét 45 sekondes