Ons was verbaas om te sien hoeveel bekendes dié skoen op die Met Gala se rooi tapyt gedra het. Of dalk moet ons nie sê "skoen" nie, maar liefs "stewel".

when the crew come together for @louisvuitton and @nicolasghesquiere

A photo posted by Selena Gomez (@selenagomez) on

Ja, julle hoor reg, stewels. Stewels op die rooi tapyt sien ons maar min. Soms sal een of twee dit dra by ’n musiektoekenning waar die kleredrag minder formeel is, maar nooit by aansienryke formele modegeleentheid nie. Van die bekendes wat ons onkant gevang het, is aktrises Alicia Vikander, Michelle Williams, Jennifer Connelly en Kristen Stewart, die sangeresse Selena Gomez, Grimes, Madonna en Halsey, asook model Jessica Hart.

Die gewildste stewel was die enkelstewel, maar Madonna het hoëbeen-stewels saam met haar teleurstellende uitrusting gedra.

Dalk het die bekendes se keuse vir stewels te doen gehad met die Met Gala se tema "Manus x Machina: Fashion in an Age of Technology".

Oscar-wenner Alicia Vikander

Aktrise Michelle Williams

Sangeres Selena Gomez

Aktrise Jennifer Connelly

Model Jessica Hart

Aktrise Kristen Stewart

Stewels is definitief nie ons eerste keuse vir die rooi tapyt nie, veral nie as dit formele geleentheid is nie. Stylvolle hakke bly maar die beste manier om 'n rok af te rond vir 'n glansgeleentheid.

Meer oor die Met Gala:

Model en aktrise dra herwonne plastiek op rooi tapyt

Met Gala: skokke en gunstelinge op rooi tapyt

Rok toe so mooi dat model nie kan sit nie!

20160429_VGB Tag