’n Nuwe jaar bring nuwe tendense en dít is ook in trourok-style te sien. Hier is die troublog Chic Vintage Brides se voorspelling vir vanjaar se trourokke.

Trend 1: Kleur

Pastelkleurige trourokke of ombré-gekleurde materiaal raak toenemend gewild onder bruide. Ons het al verskeie bekendes gesien wat dié trend omarm, maar alle bruide begin nou hiervan hou.

Trend 2: Lang moue

Dié trend is veral groot vir herfs- en wintertroues. Maar oor die algemeen gaan trourokke vanjaar meer materiaal aan die bokant hê as voorheen.

FOTO: Gavin Rajah by Mercedes- Benz Afrika Modeweek (SDR Photo / Simon Deiner) Gavin Rajah by Mercedes- Benz Afrika Modeweek FOTO: SDR Photo / Simon Deiner

Trend 3: Broeke en broekpakke

Die broekpak is terug! Op die rooi tapyt het Julia Roberts én Margot Robbie (Wolf of Wall Street) dit al vanjaar gedra. En blykbaar word trourok-ontwerpers nou gevra om broekpakke vir hul waaghalsige bruide te maak.

1981 deur Nana Brenu & Adele Dejak by Mercedes- Benz Afrika Modeweek FOTO: SDR Photo / Simon Deiner 1981 deur Nana Brenu & Adele Dejak by Mercedes- Benz Afrika Modeweek FOTO: SDR Photo / Simon Deiner

Trend 4: Kort rokke

Die trourok se soom is oor die afgelope paar jaar besig om te lig. En dié jaar voorspel hulle dat die mini-trourok gróót gaan wees.

Trend 5: Blom-detail

Vroulike blom-detail word vanjaar oral gesien. Dit is subtiel deel van die rok of die materiaal se ontwerp, of ’n los oorgroot blom word aan die rok gewerk.

FOTO: Vesselina Pencheva by SA Modeweek (DSR Photo / Simon Deiner) Vesselina Pencheva by SA Modeweek FOTO: DSR Photo / Simon Deiner

Volgende week kyk ons na nóg 5 trends