Ongelukkig kan ons almal nie in die voorste ry by die internasionele modeweke sit nie, maar met dié foto's wat die trends vir vanjaar se herfsmodes wys, voel dit asof jy ook by Mercedes-Benz se New Yorkse Modeweek was.

As jy in die voorste ry langs bekendes soos Anna Wintour, Kate Moss en selfs David Beckham gesit het, sou jy dié trends vir vanjaar se herfsmodes gesien het. Die twee groot trends vir herfs is oudergewoonte die laag-op-laag-voorkoms en rokke vir kouer dae in luukse materiale.

Blaai deur ons galery vir 32 foto's van die New Yorkse modeweek:

SA se David Tlale skitter by Modeweek

David Tlale se uitrustings op die loopplank vir die laaste rondte. FOTO: Instagram David Tlale se uitrustings op die loopplank vir die laaste rondte. FOTO: Instagram

Kyk net na die pragtige uitrustings wat Suid-Afrika se eie David Tlale op die loopplank gebring het by dié modeweek! Dit is David se tweede verskyning by dié modweek - kyk hier na David se Lente 2014-reeks.

David het hierdie foto met sy aanhangers op Instagram, met die onderskrif "Die weermag hou aan marseer", gedeel. FOTO: Instagram David het hierdie foto met sy aanhangers op Instagram, met die onderskrif "Die weermag hou aan marseer", gedeel. FOTO: Instagram

Jy kan al die Mercedes-Benz New York Modeweek mode-vertonings kyk deur hier te klik.

Nóg ’n Suid-Afrikaner maak ons trots by dié modeweek. Lees dié storie eksklusief op SARIE.com.