Ongelukkig kan ons almal nie in die voorste ry by die internasionale modeweke sit en skouers skuur met die wêreld se bekendste mode-ontwerpers nie, maar met dié foto’s wat die trends vir vanjaar se herfsmodes wys, voel dit asof jy ook by die Paryse Modeweek was.

Dié modeweek is altyd ’n hoogtepunt. Nie net is dit die laaste in ’n reeks modeweke wat die herfsmodes wys nie, maar die swier en styl van Franse modes word nie maklik elders gevind nie. Dit is ook die laaste groot modeweek op ons skedule voordat die SA Modeweek in April afskop.

Kyk deur ons galery na al die trends wat dié modeweek opgelewer het.

Kyk hier na die belangrikste trends van die vorige modeweke