Dit lyk of die nuutste trend in babaklere inspirasie uit die 90's gekry het - van klein prins George tot Jessica Simpson se Maxi - al die stylvolle babas dra dit!

Op die nuutste foto van die hertog en hertogin van Cambridge se kleinding lyk prins George alte oulik in ’n blou-en-wit strepiesoorpak. Die kroonprinsie se stylvolle mamma het seker gemaak haar seun stel nie die modekenners teleur nie. Sy dungaree was net die uitrusting daarvoor.

Kate is nie die enigste ma wat haar kleinding in dié klere, wat in die 90's baie gewild was, aantrek nie. Sangeres en aktrise Jessica Simpson, wat twee naweke gelede getrou het, se dogter, Maxi, volg dié trend net so slaafs! Jessica het ’n foto van klein Maxi (2) in ’n denim-oorpak op Instagram gedeel. Maxi en Curran, die seun van Jessica se beste vriendin, Stephanie Terblanche, hou so ewe hande vas op dié foto. "Oorpakke laat seuns altyd verlief raak," het Jessica in die onderskrif geskryf.

Maxi en Curran FOTO: Instagram  (@jessicasimpson) Maxi en Curran
FOTO: Instagram (@jessicasimpson)

Só kan jy hierdie kostelike voorkoms vir jou kleinspan gee! Onthou, oorpakke is gerieflik vir die winter én die somer omdat jy net vir jou kleinding warmer of koeler hempies daaronder kan aantrek.