In die dokumentêr Diana, Our Mother: Her Life and Legacy, praat prinse William en Harry oor hul ma se groot liefde en omgee vir haar medemens. Maar Diana was ook sentimenteel, berig Harper's Bazaar.

Op 6 Julie 1981, twee dae voor haar troue met prins Charles, is lady Diana by die poloklub in Windsor met twee horlosies aan haar linkerpols afgeneem. Die rede?

Om vir prins Charles geluk te bring. Die horlosies het aan haar en Charles behoort.

A post shared by vivre et aimer ?? (@fortetendre) on

Die prinses het hierdie oulike gebaar ’n paar keer herhaal, selfs ná die seuns se geboorte. Tyd was ongelukkig nie aan hul kant as paartjie nie en hulle is in 1996 geskei. Tog bly die gebaar spesiaal en romanties.