Ek wou 'n eenvoudige maar elegante rok he vir my matriekafskeid. Ek het begin soek op die internet. Eendag het my ma in die Sarie Bruid 'n rok gesien wat sy gedink sou na my smaak wees. Ek het onmiddellik van die rok gehou. Die rok was in die Sarie Bruid nr.15 2010/2011 uitgawe. Dit is op bladsy 17/18. Dit was 'n oorspronklike Maggie Sottero. Ek is fyngebou en klein en die dame wat my rok gemaak het, het gese dat dit die ideale rok vir my is. Ek wou ook saam met elegant 'n bietjie "sexy" lyk. Pienk is my gunsteling kleur wat baie wys na my borrelende persoonlikheid. Ek het so baie van my rok gehou, dat ek daardie aand die rok nie wou uittrek nie en in die rok wou gaan slaap!!! Ek gaan die rok na 'n ander geleentheid defnitief weer dra.

Sien alle inskrywings