Wyepypbroek

Nou: ’n Bloes met ’n grafiese patroon is treffend by ’n effekleur broek.

Later: Kies ’n kantbloes met Victoriaanse flair vir ’n besonder vroulike voorkoms by jou broek. Voeg ’n gilet van nagemaakte pels daarby op koeler dae.

Beige kortmou-trui (R375), Slate. Bloes met blou-en-swart blompatroon (R699), Ronald Sassoon. Steenkleurige wyepypbroek van linne (R1 090), KLûK CGDT. Donkerblou handsak van sweedsleer (R2 890), Gerard Darel. Silwerkleurige ring met blou steen (R310), Oh So Boho.

Trui: groottes 32 - 36
Bloes:
28 - 36
Broek:
30 - 40

Vallebloes

Vallebloes

Nou: Dra dit by jeans vir 'n gemaklike styl (moenie daardie groot handsak vergeet nie).

Later:'n Broek of romp van geruite stof is ideaal hierby in koeler weer. Dra dit ook saam met 'n ligte militêre styl-jas.

Wyepyp-denimbroek (R525), Amanda Laird Cherry @ The Space. Roomkleurige vallebloes (R390), Foschini. Oorbelle met ronde skulpkrale (R119), Accessorize. Groen blinkleerhandsak (R899), Slick. Swart-en-wit polkakol-serp (R75), Lulu Belle. Groen-en-goue armbande (vanaf R75 elk), Lulu Belle.

Broek: groottes 30 - 38
Bloes: 8 - 14

Skede-rok

Skede-rok

Nou: ’n Bonkige halssnoer kan nie vir ’n beter uitrusting as ’n sheath dress vra nie!

Later: Dra ’n driekwartmou-jas en belt bo-oor.

Beige skede-rok (R3 010), Gerard Darel. Wit baadjie (R699), Slick. Beige wighakke van blinkleer (R795), Spitz. Groen halssnoer (R600), Jools to wear, www.joolsjewels.co.za.

Rok: groottes 32 - 40
Baadjie: slegs grootte 34

Lang oopknooptrui

Lang oopknooptrui

Nou: Oor kortmou- of moulose toppies en rokke.

Later: Oor ’n langmousybloes (met of sonder patroon-ontwerp).

Wit bloes met fyn kolletjies (R420), Hermanna Rush. Duifgrys oorvouromp (R999), Habits. Lang oopknooptrui met kortmoue (R549), Country Road @ Woolworths. Lang halssnoere (vanaf R129 elk), Accessorize.

Bloes: groottes 32 - 38
Romp: 32 - 40
Trui: XS - XL

Snyersbaadjie

Snyersbaadjie

Nou: Denim en blompatrone is die ideale stylkombinasie hierby.

Later: Dra dit by ’n polonek en potloodromp.

Steenkleurige baadjie (R480), Foschini. Bloes met fyn blompatroon (R380), Sissy Boy. Vlootblou belt van nagemaakte krokodilleer (R199), Slick. Sterlingsilwer-halssnoer met uitsny-detail (R1 500), Ida Elsjé, www.idaelsje.com

Baadjie: groottes 8 - 14
Bloes: 28 - 36

Kantromp

Kantromp

Nou: Hierdie tekstuur werk goed by ’n koel, sagte bloes.

Later: Saam met ’n klassieke wit hemp en met ’n serpie om die nek is jy reg vir koeler dae.

Sterlingsilwer-oorbelle met bruin topaas (R325), Oh So Boho. Swart kantromp (R380), Foschini. Groen top met strik om die nek (R434), Two Girls @ The Space.

Romp: groottes 8 - 14
Top: S - L