"Die serp is dié seisoen se moet-hê-modebykomstigheid. Jou SARIE-geskenkserp in een van 6 kleure is sag en lig en heerlike inspirasie om dit op verskillende maniere te dra, soos hier: Knoop dit in jou hare, om jou nek of om jou lyf." - Isabella Niehaus, waarnemende moderedakteur.

Maak só:

Knoop dit modieus om jou nek
1. Neem 'n foto van jouself met jou SARIE-serp aan. Stoor dit op jou rekenaar.
(As jy dit met jou slimfoon doen, volg net die share-opsies op jou foon en deel dit met ons.)
  2. As jy dit op jou rekenaar doen, gaan na www.facebook.com/SARIE.tydskrif en klik en kies die 'Photo' opsie onder share, bo-aan die bladsy.
 
3. Browse en laai jou foto op.