My inspirasie...Elegant en stylvol dis hoe ek my skoolloopbaan, op 'n hoogtepunt, wou afsluit. Met 'n tikkie sprokiesagtigheid, 'n knypie sjarme en een droomrok was dit die wen resep tot 'n onvergeetlike, betowerende aand. Ek wou skitter soos 'n sterretjie wanneer ek my verskyning gemaak het op die rooitapyt.Almal moes snak na hul asem en met behulp van 'n fantastiese ontwerper ,Werner Dey, kon ek myself uitleef in hierdie skitterende silwer rok wat met sy baie fyn detail die afronding was tot 'n perfekte aand!

Sien alle inskrywings