Die pragtige hemelblou rok het dadelik my onverdeelde aandag getrek , omdat dit my soos n bekoorlike meermin op n warm somersdag op n rotswand in die middel van die oseaan laat voel het. Aangesien my oe ongeveer dieselfde kleur as die rok is , my soepel goed gevormde lyf brons gebrand is en my hare glansend blond is - het dit vir my gevoel of die asemrowende meerminrok spesiaal vir my gemaak is en ons verseker n super wenkombinasie op die rooi tapyt sou wees. Met die toevoeging van die silwer bykomstighede was dit toe besis n treffer ! My metgesel vir die aand was ook n pragtige aantreklike seun , nogal die hoofseun van die skool , met min of meer dieselfde geaatstrekke as ek , dit was met ander woorde n "match made in heaven" !.

Sien alle inskrywings